Your Recipe Blog

ANNERIE SE MINI QUICHES

Recipe by
Cook: 30 - 40 minute | Servings: 24

ANNERIE SE MINI QUICHES

“Gebaseer op ‘n ideë ontwikkel vanuit ‘n resep van Alida Siebert (ALIDA SE ONTBYT QUICHE –  https://yourrecipeblog.com/rec…/alida-se-ontbyt-quiche/). Ek het Alida se quiche op die blog gekry en gemaak (met ‘n moerby kinkel). Al my bestanddele was oorskiet of het rondgelê, so maak jou vulsel met wat jy wil. Jy gaan 24 mini quiches uitkry.”

  • 1 medium ui, opgekap
  • botter, vir braai van uie, mielies en filodeeg smeer
  • 4 snye ham, in blokkies gesny
  • ½ koppie mieliepitte
  • opgekapte kasjoeneute (cashews), na smaak
  • 100 g ricotta- en okkerneut-pesto
  • 2 teelepels witsampioensoppoeier
  • 5 eiers, geklits
  • 250 ml melk of room
  • filodeeg, genoeg vir 24 kolwyntjie-grootte klein quiches
  • gerasperde kaas, vir bo-oor strooi voor bak
  • ekstra harde kaas, opsioneel

Meng alles behalwe die eiers, melk of room, filodeeg en kaas goed saam.
Lê twee 12-holte kolwyntjiepannetjies (24 happies) uit met filodeeg (in velletjies gesny en 2 – 3 of meer velletjies per kolwyntjie-holte).
Smeer tussen elke 2 – 3 velletjies ‘n bietjie gesmelte botter.
Skep eersgenoemde vulsel in die filodeegbedekte pannetjies se holtes.
Klits die vyf geklitste eiers en die 250 ml melk (ek het ontvriesde room gebruik) saam.
Skep dit oor die bogenoemde mengsels in die holtes.
Rasper die kaas van jou keuse bo-oor elke happie.
Bak by 180 °C vir sowat 30 – 40 minute of tot gaar.

Nota:
Ek het die gebakte happies laastens bestrooi met harde kaas/parmesaankaas

Resep en foto: Annerie du Plessis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page