Your Recipe Blog

ANNEMI SE LAM EN KRUISEMENT PASTEI

ANNEMI SE LAM EN KRUISEMENT PASTEI

  • 1 kg stowe lamsvleis
  • 5 ml fyn koljander
  • 7 ml suiker
  • 62 ml asyn
  • 30 ml botter
  • 30 ml koekmeel
  • 1 ml fyn naeltjies
  • 2 glase rooiwyn
  • peperkorrels en sout
  • Pasteideeg (puff pastry)

Sny vleis in stukke en strooi bietjie koekmeel en sout oor.
Smelt botter in swaar kastrol en braai die vleisblokkies tot ligbruin. (Nie teveel op ‘n slag nie)
Haal die blokkies vleis uit en hou eenkant.
Roer die meel wat oorgebly het indien enige, by en meng deur.
Roer wyn en asyn in en voeg fyn naeltjies, koljander en suiker by.
Plaas vleis in kastrol by sous en voeg ‘n paar peperkorrels by.
Laat stadig stowe tot vleis sag is.
Voeg kort-kort kookwater by indien nodig.
Verwyder bene en skep vleis in gesmeerde pasteiskottel.
Sit ‘n laag uitgerolde pasteideeg (eie keuse) oor en bak tot ligbruin in oond.

Foto: Annemi Du Randt Jordaan

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page