Your Recipe Blog

ANNEMARIE SE BLOUBESSIE MUFFINS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 25 minute

ANNEMARIE SE BLOUBESSIE KOLWYNTJIES

  • Muffins:
  • 1 ½ koppie gesifte koekmeel
  • ¾ koppie suiker
  • ½ teelepel sout
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ koppie olie
  • 1 eier
  • ½ koppie melk
  • 1 koppie bloubessie
  • Bolaag:
  • ½ koppie suiker
  • 1⁄3 koppie koekmeel
  • ¼ koppie botter – blokkies

Voorverhit oond op 200ºC.
Sit kolwyntjie papiertjies in muffin pan of spuit die pan met “Cooking spray”.

Muffins:
Meng koekmeel, suiker, sout en bakpoeier in ‘n bak, sit eenkant.
Meng olie, eier en melk in ‘n ander bak.
Voeg die oliemengsel by die meelmengsel en meng saam.
Vou die bloubessies in die deeg in.
Vul die muffin pan se openinge, maak ongeveer ¾ vol.

Bolaag:
Meng suiker, koekmeel en botter saam, met ‘n vurk of vryf met jou vingers sodat dit lyk soos broodkrummels.
Strooi die krummels bo-op die muffin mengsels in die kolwyntjiepan.
Bak teen 200ºC in die oond vir ongeveer 20 – 25 minute of tot gaar.

Nota: Rina Kleinhans
Skud die bloubessies in bietjie meel voor jy dit inmeng dit help dat hulle nie almal ondertoe sak in die beslag nie.

Resep en foto’s: Annemarie Fourie
Derde foto: Lauren Matjan – My bloubessie koek! Ek het die bloubessie cupcake resep gebruik!

One Review

  1. Yvonne Conradie
    Hierdie is die lekkerste blueberry muffins ooit en daai topping ek sal nooit weer ‘n ander resep gebruik nie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page