ANNELIZLE SE KAASKOEK
- 1 koppie room, styf geklits
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 houer gladde maaskaas/roomkaas (ek verkies maaskaas)
- ½ koppie suurlemoensap
- 20 ml gelatien, opgelos in 75 ml warm water
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- vanilla geursel, opsioneel
Voeg die kondensmelk by die styf geklopte room, meng die maaskaas/roomkaas in en meng goed.
Voeg die suurlemoensap by en meng deur.
Laastens word die opgeloste gelatien bygevoeg en opsioneel kan ‘n bietjie vanilla geursel ingemeng word.
Rangskik die tennisbeskuitjies onder in die tertbak.
Skep die mengsel op die tennisbeskuitjies en versier met enige bolaag (topping) van jou keuse.
Nota:
Ek koop groot houers met aarbei topping/mix berry/granadilla.
Ek’t ook al sjokolade in die mengsel ingemeng en bo op gesprinkel, heerlik.
Ek sit ook gereeld vrugte soos bloubessies of “gooseberries” in.
Resep en foto: Annelizle Botha