Your Recipe Blog

ANNELIZLE SE KAASKOEK

ANNELIZLE SE KAASKOEK

Resep en foto: Annelizle Botha

  • 1 koppie room, styf geklits
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 houer gladde maaskaas/roomkaas (ek verkies maaskaas)
  • ½ koppie suurlemoensap
  • 20 ml gelatien, opgelos in 75 ml warm water
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • vanilla geursel, opsioneel
  • Voeg die kondensmelk by die styf geklopte room, meng die maaskaas/roomkaas in en meng goed.
  • Voeg die suurlemoensap by en meng deur.
  • Laastens word die opgeloste gelatien bygevoeg en opsioneel kan ‘n bietjie vanilla geursel ingemeng word.
  • Rangskik die tennisbeskuitjies onder in die tertbak.
  • Skep die mengsel op die tennisbeskuitjies en versier met enige bolaag (topping) van jou keuse.

Nota:
Ek koop groot houers met aarbei topping/mix berry/granadilla.
Ek’t ook al sjokolade in die mengsel ingemeng en bo op gesprinkel, heerlik.
Ek sit ook gereeld vrugte soos bloubessies of “gooseberries” in.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page