ANNELIZE SE ONGELOOFLIKE GEBAKTE KAASKOEK
O ja, jy weet seker die groot geheim van kaaskoek is: net ‘n halfuur in oond! Baie dink dit is nog rou, maar dit raak nog gaar in pan terwyl afkoel! As dit langer bak dan raak dit droog en krummelrig soos meeste koffiewinkels s’n!
- Meng saam:
- 2 bakkies roomkaas (230 g elk)
- 2 blikkies kondensmelk
- 250 ml room
- 2 eiers
- 5 ml vanilla geursel
- 1 groot opgehoopte eetlepel vlapoeier (dit is die geheime bestanddeel)
- ¾ koppie suurlemoensap, hoeveelheid na smaak
- Kors:
- ½ tot 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- 80 – 120 ml Wooden Spoon margarien
Meng alles net bymekaar behalwe suurlemoensap in jou “blender” en meng dan tot glad!
As jy nie ‘n “blender” het nie, roer jou vlapoeier by die room in en voeg by ander bestanddele. Gebruik ‘n ballonklitser en meng goed tot glad.
Voeg die suurlemoensap by en meng goed deur.
Laat staan vir 20 minute.
Maak kors van fyn Tennisbeskuitjies en Wooden Spoon. Druk dit in ‘n voorbereide losboompan van 23 cm vas en skep die vulsel na die 20 min op die kors.
Nota: Benhet Nieuwenhuis
As jy net die bodem doen is ‘n halwe pakkie genoeg, anders gebruik 1 pakkie.
Bak vir 30 minute teen 180°C.
Bak ‘n dag voor die tyd.
Nota: Annelize
Jy moet nie die room styf klits nie. In my nuwe oond wat ek nou het laat ek hom afkoel in oond maar in my vorige 3 oonde was dit nie nodig nie! So vir eerste keer nou sit stoof af na halfuur en as hy reg is dan weet jy vir volgende keer!
Resep: Annelize De Villiers Smit
Foto: Benhet Nieuwenhuis
2de foto: Anmarie Watney
Ek het basis dieselfde resep maar deel vulsel in twee en roer 60 ml kakao by een helfte. Skep dan eers wit laag en dan bruin laag in pan, en bak soos bo.
Ek is n onervare bakster en ek het die resep gebruik en dit was HEERLIK!
Carien Warffemius
Hierdie resep werk soos ‘n droom.