ANNELIZE SE KONDENSMELK MELKKOS (MIKROGOLF)
- 1 blik kondensmelk
- 2 ½ koppies water
- 1 liter melk
- 1 koppie koekmeel
- 125 ml botter
- 2 eetlepels botter
- bietjie sout
Meng die kondensmelk, water, melk en sout saam en mikrogolf vir 10 min.
Vryf die botter in die meel in sodat dit soos krummels lyk of frummel dit met die Twista.
Nota:
Moenie te lank in die Twista maal nie, anders vorm dit ‘n meelbal, wat nie ‘n probleem is nie, want dan kan jy dit by warm melkmengsel inmeng vir ‘n gladde melkkos.
Wanneer die melkmengsel warm is, word die meelmengsel bygevoeg en roer goed met ballonklitser.
Mikrogolf nog 10 minute en roer na elke 2 minute.
Bedien met kaneelsuiker.
Resep en foto: Annelize Smit