Your Recipe Blog

ANNATJIE SE TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS

Recipe by
Cook: 10 minute + 5 minute | Servings: 4 x 700 ml bottels

ANNATJIE SE TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS

Jy gaan nie spyt wees nie, jy gebruik dit op jou pizza borde, op hamburgers, worsrolletjies, saam met kerrie, op gebakte eiers en ‘n “toast” broodjie, in koringslaai, in groentesop, my kleinkinders smeer dit op hulle toebroodjies en so is daar al ‘n hele klompie bottels saam met hulle North Dacota, Amerika toe. My een kleinseun eet hierdie tamatiesous op al sy kos.

  • 1 x 700 ml bottel tamatiesous (ek gebruik All Gold)
  • 4 medium uie fyn gesny in blokkies
  • 375 ml bruinasyn
  • 3 koppies suiker
  • 15 ml medium kerriepoeier
  • 1 teelepel droë mosterdpoeier
  • 5 ml sout
  • 140 ml soet rissiesous (sweet chilli)
  • 1 pakkie (100 ml) tamatiepuree (paste)
  • 1 teelepel (5 ml) knoffel (ek gebruik sommer die in olie)
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier
  • ½ pakkie tamatiesoppoeier
  • 2 koppies water

Plaas die gekerfde uie in ‘n mikrogolfbestande bakkie en kook die uie in water vir 6 – 8 minute in die mikrogolf oond. Voeg die uie daarna in ‘n vergiettes en spoel dit goed af.
Plaas die gestoomde uie in ‘n groot pot op die stoof en voeg die res van die bestanddele behalwe die soppoeiers en water by die uie.
Kook die mengsel vir ± 10 minute op die stoof terwyl aanhoudend geroer word.
Meng die soppoeiers met die koue water en klits met ‘n balklitser tot dit goed gemeng is.
Voeg die sopmengsel by die tamatie- en uiemengsel in die pot en laat alles deur kook vir 5 minute. Roer met tussenposes, totdat die sop die sous verdik en gaar is.
Bottel en verseël die warm sous in gesteriliseerde bottels of skoon bottels wat goed met asyn uitgespoel is.
Lewer nagenoeg 4 bottels tamatiesous (“Ketchup” bottels)

Resep: Annatjie Dames Kotzé

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page