Your Recipe Blog

ANNARIE SE SUURDEEGPLANTJIE WAFFELS

ANNARIE SE SUURDEEGPLANTJIE WAFFELS

Het vanoggend aartappelsuurdeeg wafels gebak. Ek het net voor ek begin het ek nog ‘n koppie meel bygesit, want die deeg was baie dun. Veerlig en heerlik uitgekom.

  • Meng en laat oornag staan:
  • 1 koppie plantjie (resep onder aan)
  • 2 koppie koekmeel
  • 2 koppie karringmelk
  • 2 eetlepel suiker
  • Meng die volgende by sodra jy gaan wafels bak:
  • 2 eiers
  • ¼ koppie olie of gesmelte botter
  • sout
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 koppie koekmeel indien nodig

Maak die waffel pan goed warm, skep van die deeg in elke afdeling en bak soos nodig.

Nota:
Pannekoek maak ek my gewone resep aan, maar los die asyn uit en pas die hoeveelheid meel en water met ‘n half koppie elk aan en voeg 1 kp plantjie by.

Resep: Annarie Van Der Vyver
Foto’s: Frikkie Jones

Gisplantjie:
Rasper 1 geskilde aartappel en gooi in n 1 liter fles.
Strooi 1 teelepel sout en 2 eetlepels suiker oor.
Strooi 1 pakkie kitsgis by en maak bottel driekwart vol met lou water.
Sit so 6 rosyne by en sit die plaatjie op die fles. Moenie vasdraai nie.
Laat op ‘n warm plek staan oornag.
Sif die volgende oggend die skrapnel uit en soek die rosyne. Hou ‘n kwart van die vog en aartappel en die rosyne.
Plaas in die bottel en rasper weer ‘n aartappel in.
Sit weer 1 teelepel sout en 2eetlepels suiker by en vul weer aan met lou water tot driekwart.
Laat weer staan tot die derde oggend.
Herhaal weer die proses soos op die tweede dag. Maar gebruik die gesifte vloeistof om mee te bak. 1 koppie vloeistof per 1 kg meel.
Hou weer ‘n kwart van die vloeistof, aartappel en rosyne soos op die tweede dag.
Jy moet hom elke dag kosgee soos op die tweede dag. En as jy nie wil bak nie slaap hy in die yskas. As jy weer wil bak, haal die aand voor die tyd uit.

One Review

  1. Frikkie Jones
    Kyk mense! Ek het vanoggend weer die wafels vir kuiergaste gemaak. So lig soos n veer en so crispy! Die komplimente was baie. Baie dankie vir die resep.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page