ANNA SE KONDENSMELK MELKTERT
Melktert vir die baas van die plaas gemaak wat môre verjaar.
- 1 blikkie kondensmelk
- 2 blikkies warm water
- 1 blikkie melk
- 20 ml vlapoeier
- 60 ml Maizena
- 3 eiergele
- 5 ml sout
- 15 ml botter
- Ekstra:
- 5 ml vanilla geursel
- Tennisbeskuitjies vir kors
- 3 eierwitte, styf geklits
- kaneel
Meng al die bestanddele saam in ‘n groot kastrol.
Klits die 3 eierwitte styf met die vanilla geursel en hou eenkant.
Voer ‘n groot tertbord uit met Tennisbeskuitjies.
Plaas nou die melkmengsel op die stoof en verhit tot dit dik word terwyl jy fluks roer met ‘n draadklitser. Sodra dit dik word, haal van die hitte af en laat bietjie afkoel, maar roer steeds sodat ‘n vel nie vorm nie.
Vou die eierwitte by die mengsel in (Ek gebruik sommer die draadklitser want die lepel invouery vat vir my te lank).
Skep die mengsel oor die beskuitjies en strooi kaneel oor, laat stol in yskas.
Resep geplaas deur Anna Venter
Foto: Anna Venter












