ANNA-MARIE SE BOKSKOEK “HACK”
Ek hou nie juis van koek bak nie; ek is meer ‘n tertmaker. My mense is lief vir sjokoladekoek, toe probeer ek hierdie bokskoek ‘hack’. Resultaat? Ongelooflike lekker klam en ryk koek.
- 1 x bokskoek, enige maak of geur, ek het sjokolade gebruik
- ekstra melk
- 2 ekstra eiers
- ekstra gesmelte botter/bakkunsbotter
Meng die beslag soos op die verpakking aangedui maar pas soos volg aan:
Vervang aangeduide hoeveelde water met dieselfde hoeveelheid melk.
Voeg twee ekstra eiers by.
Vervang olie soos aangedui met dubbel hoeveelheid gesmelte botter of bakkunsbotter.
Meng en bak volgens aanwysings op verpakking.
Versier met botter versiersel of soos verkies.
Resep aanpassings en foto: Anna-marie Steyn