ANITA SE CREMORA KOEKSTRUIF
- koek van jou keuse, in skywe gesny
- 3 verskillende geure jellie
- gemengde vrugte, ek gebruik sommer blik ingemaakte vrugte
- styf geklopte room
- Sous:
- 500 g Cremora
- 1 koppie warm water
- 2 blikkies kondensmelk
- 250 ml suurlemoen sap
Meng die Cremora met die warm water en laat staan oornag.
Meng die kondensmelk met die suurlemoensap en laat staan oornag.
Volgende oggend meng cremoramengsel met kondensmelkmengsel.
Maak die jellie aan soos voorgeskryf op die pakkies en laat stol. Sny die gestolde jellie in blokkies.
Pak lae met die koek, cremoramengsel, vrugte en jellie. Herhaal die lae tot al die bestanddele op is.
Nota:
Die koek kan geweek word met stroop van die vrugte of sjerrie, soos verkies.
Rond af met styfgeklopte room bo-op en garneer na smaak.
Resep geplaas deur Anita Janse van Rensburg
Foto: Anita Janse van Rensburg