Your Recipe Blog

ANGIE SE STAMPMIELIE-EN-MAALVLEISGEREG

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6 porsies

ANGIE SE STAMPMIELIE-EN-MAALVLEISGEREG

  • 30 ml olie
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 groensoetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 500 g maalvleis
  • 30 ml kerriepoeier
  • 30 ml breyani masala
  • 6 kerrieblare
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 2½ koppies gekookte stampmielies (of 2 blikkkies stampmielies, indien beskikbaar)
  • 1 blik sousbone (“baked beans”)
  • 1 blik punto-/niertjiebone
  • 500 ml beesvleisaftreksel
  • sout en peper na smaak
  • 10 ml suiker

Braai ui en soetrissie in olie. Voeg knoffel by en braai nog een minuut. Voeg maalvleis by en braai tot gaar.
Voeg speserye en geurmiddels by (behalwe sout, peper en suiker) en braai twee minute.
Voeg tamaties, bone, gaar stampmielies en vleisaftreksel by en kook totdat meeste van die vloeistof weggekook het.
Voeg sout, peper en suiker by en kook nog vyf minute.
Bedien met slaai en/of knoffelbrood.
Porsies: ±6.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page