ANGIE SE AANGEPASDE SONDAG HOENDER
Hi julle, ek het sommer vandag besluit om bietjie my Ma’le “te stick” met ‘n kook gereg.
Ek het die resep gekry as pastorie hoender, maar het self ‘n paar dinge verander. Nuwe naam is Angie se aangepasde Sondag hoender. Baie lekker om voor te sit met yskoue beet. Hoop julle geniet dit, my Ma’le het. Was vreeslik lekker die tamatie en uie het in die rys ingetrek en net ‘n lekker sous gemaak.
- 400 ml rou rys
- 500 ml water
- 1 blik tamatie en uie smoor
- 1 blik heelpit mielies
- 4 groot wortels, geskil en gesny
- ¼ koolkop, gesny
- 8 hoenderstukke (vooraf gekook met hoender speserye en braai sout vir 15 minute)
- 12 baba aartappels
- 1 koppie gevriesde boontjies
- 1 pakkie hoender roomsoppoeier
Gebruik ‘n groot braaipan om rys, water, halwe blik mielies en hele blik tamatie en uie smoor te meng.
Strooi kool en wortels bo-oor die rys mengsel.
Plaas stukke hoender bo-op die wortels en kool.
Strooi res van die mielies saam met aartappels en gevriesde boontjies oor.
Plaas die deksel op.
Bak teen 180ºC vir 60 minute of tot aartappels sag is.
Dit is belangrik om kort, kort te kyk dat daar genoeg water in is.
As aartapples sag is, voeg hoender roomsop poeier, aangemaak met dubbel die hoeveelheid water by en verwyder deksel.
Rooster vir 5 tot 10 minute.
Bedien.
Resep en foto: Angela Loots