Your Recipe Blog

ANGELKOEK (TUISNYWERHEID STYL)

ANGELKOEK (TUISNYWERHEID STYL)

Resep geplaas deur Andre Heunis soos gevind op facebook
Resep verskaf deur Rala Van Jaarsveld Strauss
(Lig, fyn, hou vla perfek vas)

  • Deel 1: Warm melk sponskoek(3 lae)
  • 4 groot eiers, kamer temperatuur
  • 1½ koppies (300 g) suiker
  • 2 koppies (250 g) koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • 1 koppie (250 ml) melk
  • 2 eetlepels botter
  • 1 teelepel vanilla
  • Verhit oond tot 180 °C.
  • Voer 2 groot ronde panne of 1 groot reghoekige pan uit.
  • Klits eiers en suiker 8–10 minute tot baie lig, dik en bleek.
  • Sif meel, bakpoeier en sout saam.
  • Vou droë bestanddele liggies in eiermengsel.
  • Verhit melk en botter saam tot net warm (botter gesmelt).
  • Voeg warm melk en vanilla in ’n dun straal by terwyl jy liggies vou.
  • Skep die deeg in die panne en bak 25 – 30 minute tot gaar.
  • Laat heeltemal afkoel en sny in 3 lae.
  • Deel 2: Dik vla vir vulsel
  • 2 koppies melk
  • 2 eetlepels vlapoeier
  • 2 eetlepels mielieblom
  • 3 eetlepels suiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • Meng die vlapoeier, mielieblom en suiker met bietjie koue melk.
  • Verhit res van melk, voeg mengsel by.
  • Kook tot baie dik oor lae hitte.
  • Roer vanilla by, bedek met kleefplastiek op die vla om vel te voorkom.
  • Laat heeltemal afkoel.
  • Deel 3: Boonste “angel” laag
  • 1 koppie koue dik vla
  • 1 blikkie (385 g) kondensmelk
  • sap van 1 suurlemoen, na smaak
  • 1 pakkie Orley Whip (250 ml)
  • ½ koppie yskoue melk
  • Klits Orley Whip en melk tot styf.
  • Meng kondensmelk en suurlemoensap saam.
  • VOU koue vla by die kondensmelkmengsel in.
  • VOU Orley Whip liggies in by die mengsel tot glad.
  • Deel 4: Samestelling
  • Sponslaag
  • Dik vla
  • Sponslaag
  • Dik vla
  • Sponslaag
  • Angel-bolaag bo-oor
  • Maak glad met spatel
  • Plaas in die yskas vir minstens 6 uur (verkieslik oornag).

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page