Your Recipe Blog

ANEEN SE SOUTTERTJIES

ANEEN SE SOUTTERTJIES

“Die resep is baie lekker vir klein tertjies. Sit ook nie vas in pan nie. Dis ‘n korslose souttert.”

  • 1 blik viennas, fyngesnipper
  • 1 blik soutvleis, gepluis
  • 450 ml melk
  • 500 ml kaas, gerasper
  • 125 ml koekmeel
  • 3 eiers, geklits
  • 1 ui, gekap
  • 5 ml sout
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 5 ml gedroogde pietersielie

Meng alles saam, skep in voorbereide bak of muffin panne en bak by 180 °C tot gestol en ligbruin.
Kan as groot tert of as klein tertjies gebak word.

Nota:  Amanda Scholtz Mostert:
Ek het die resep dubbeld aangemaak, maar ‘n enkel hoeveelheid sal ook baie wees. Die kinders het van dit as middagete genuttig. Dit het effens vasgesit.

Resep:  Aneen Ferreira
Fotos: Amanda Scholtz Mostert

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page