ANEEN SE MAKLIKE KAASKOEK
- 1 pak tennisbeskuitjies, fyn gemaak
- 110 g botter/margarien (bake)
- Vulsel:
- 1 houer maaskaas (230 g)
- 1 houer room (250 ml)
- 1 blikkie kondensmelk
- 75 ml suurlemoensap
Smelt botter en meng krummels in. Druk vas in ‘n gesmeerde bak om kors te vorm. Sit in yskas.
Klits die room styf.
Klits maaskaas tot glad en voeg styfgeklopte room, kondensmelk en suurlemoensap by.
Meng met ‘n metaal lepel tot goed gemeng, en skep die vulsel in die kors.
Plaas in die yskas tot gestol.
Nota:
Suurlemoensap kan uitgelos word en ½ pakkie enige droë kits poeding byvoeg, soos op die foto.
Resep en foto: Aneen Ferreira