Your Recipe Blog

ANEEN SE GRIEKSE ROLBALLETJIES

Recipe by
Cook: 15 - 20 minute | Servings: +- 50 koekies

ANEEN SE GRIEKSE ROLBALLETJIES

Hier is ‘n reseppie wat ek al baie jare maak, maar hier kom ‘n halwe blokkie sjokolade in die middel. Heerlik.

  • 200 g botter/margarien ( 225 ml)
  • 50 ml strooisuiker
  • 15 ml water
  • 500 ml koekmeel
  • 100 g heelneutsjokolade
  • versiersuiker, gesif

Verroom smeer en strooisuiker. Voeg water en koekmeel by en meng goed. Breek sjokolade blokkies los en sny elke blokkie deur.
Rol elke sjokoladeblokkie met ongeveer 7 ml deeg toe.
Bak op 180ºC  vir 15 – 20 min.
Rol koekies in versiersuiker sodra uit oond kom.
Lewer sowat 50 koekies.

Nota: Ek maak deeg gewoontlik dubbel aan en gebruik 3 sjokolades. Ek gebruik Peppermint, heelneut en gewone sjokolade.

Resep en foto: Aneen Ferreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5