ANDREWETTE SE JODETERT
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
- Korse:
- In mengbak meng die volgende saam:
- 400 ml bruismeel
- knippie sout
- 125 ml suiker
- Vryf in:
- 125 ml sagte botter tot dit soos krummels lyk
- Maak aan met:
- 1 geklitste eier
Meng tot dit ‘n lekker deeg vorm. Laat rukkie staan.
Deel die deeg in 6 gelyke dele.
Rol elke stukkie deeg dun uit en druk groot ronde koeke met ronde koekpan uit.
Tel versigtig op met eierspaan en plaas op gevoerde gesmeerde plat koekiepanne.
Bak 2 op ‘n slag tot goudbruin en gaar (ongeveer 10 min).
Plaas versigtig op afkoelrakke.
Bak die res van die koeklae en plaas eenkant.
Bak al die afval stukkies deeg ook en krummel.
- Vulsel:
- Bring saggies tot kookpunt in groot kastrol:
- 1 liter melk
- 1 eetlepel botter
- 125 ml suiker
- Meng saam in groot beker:
- 2 eiers
- 50 ml vlapoeier
- 50 ml Maizena
- 50 ml koekmeel
- knippie sout
- 1 teelepel vanilla geursel
Klits alles in die beker goed deur en voeg stadig by kokende melkmengsel.
Roer met draadklitser.
Kook stadig vir 2 minute.
Laat eenkant heeltemal afkoel.
Klits af en toe.
Om die koek saam te stel:
Plaas een groot koeklaag op ‘n bord, skep van die vulsel op die laag, herhaal tot laaste vla bo-op.
Krummel ekstra stukkies koekies en strooi bo-oor.
Laat staan ‘n dag of twee voor bedien.
Foto en resep: Andrewette Hoffman Bloem