Your Recipe Blog

ANDRÉ SE DIKRIB OP DIE STOOF

Recipe by
5 ure
| Servings: 8 – 10 porsies

ANDRÉ SE DIKRIB OP DIE STOOF

Ek het ‘n kasserol, met ‘n lae gasstelling op my stoof, gebruik. Andersins kan jy ‘n oond teen 120 ˚C gebruik.

  • ± 3 kg dikrib-stukke
  • olie, vir braai
  • Aromat (peri-peri), om rib met ligte lagie te bedek
  • peper, om rib met ligte lagie te bedek
  • koekmeel
  • 3 uie, mediumgrof gekap
  • Geursels:
  • 2 eetlepels gekneusde knoffel
  • 1 eetlepel origanum
  • 5 naeltjies
  • 4 lourierblare
  • 50 ml soyasous
  • 375 ml (½ bottel) droë rooiwyn

Braai alle kante van dikrib effe bruin in pan met bietjie olie.
Vryf aromat en peper in.
Plaas uie onder in kasserol.
Plaas dikrib (been na onder) op die uie in kasserol. Laat hulle soos soldate staan – regop; dan pas hulle almal mooi in.
Sprinkel geursels oor.
Met ‘n toe deksel, op die laagste gasvlam of plaatstelling, prut vir vyf ure en fluit-fluit.
Dien op.
Bedien saam met rys of stampmielies en gebraaide groente.

Resep en fotos: André Steenkamp

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page