Your Recipe Blog

ANDERSTE SLAPHAKSKEENTJIES MET BYT

ANDERSTE SLAPHAKSKEENTJIES MET BYT

  • 2 kg klein piekeluitjies, geskil
  • ½ koppie suiker
  • ½ koppie tamatiepasta
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel mosterdpoeier
  • ¼ koppie sultanas
  • 1 koppie witasyn
  • 50 ml olie
  • ¼ teelepel rooipeper
  • 1 heel rooi brandrissie
  • 7 naeltjies
  • 7 Allspice korrels

Plaas uitjies in kastrol en bedek met koue water. Bring tot kookpunt, en verlaag hitte en laat vir 7 min kook. Die uitjies moet nog ferm wees.
Dreineer die uitjies, plaas terug in die kastrol en voeg die res van bestanddele by.
Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir 10 min liggies prut.
Skep in gesteriliseerde flesse terwyl nog warm en verseël.

Nota:
Ek het nie sultanas gehad nie en het rosyntjies gebruik.

Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman
Foto:  Martie Fourie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page