ANDELINE SE VANILLA KOEK VIR TROUKOEKE
Die onderste laag is vanilla met karamel vulsel, 2de laag is sjokolade met mousse en boonste laag red velvet met roomkaas op die foto.
- 2¾ koppies koekmeel
- 2 koppies suiker
- 1 koppie olie
- 2 teelepels vanilla
- 2 teelepels bakpoeier
- 2,5 teelepels sout
- 200 ml melk
- 4 eetlepels karringmelk
- 4 groot eiers
Klits suiker en olie en voeg vanilla by. Voeg eiers een vir een by.
Sif droog bestanddele. Meng melk en karringmelk en voeg beurtelings by droë bestanddele.
Bak by 180ºC vir 45 min afhangende van jou oond. Toets met pennetjie of koek gaar is.
Vir sjokoladekoek:
Gebruik hierdie resep, maar verander 1 teelepel bakpoeier en 1 teelepel koeksoda. In plaas van 2¾ koppies koekmeel gebruik ek 2 koppies meel en ¾ koppie kakao.
- Versiersel:
- 120 g margarien (Wooden Spoon of Stork Bake)
- 500 g gesifte versiersuiker
- 2 teelepels vanilla of enige wat jy verkies
- Ideal melk
Meng margarien en versiersuiker, voeg vanilla by en verdun met Ideal melk tot smeerbaar of sodat jy kan pipe.
Resep geplaas deur Andeline Smit
Foto: Andeline Smit