AMSTERDAMMERTJIES
Baie dankie Irma Van Ellewee Swart vir die resep vir die Amsterdammertjies – dit is toe al die tyd die langverlore lekkerny waarna ek al jare soek!
- 500 g bruismeel
- 250 g suiker
- 300 g margarien
- 250 g marzipan
- 2 eiers
- sout
- 1 teelepel amandelgeursel (Persoonlik sal ek volgende keer bietjie minder gebruik)
Stel oond op 160°C.
Meng suiker en margarien.
Rasper marzipan by met growwe rasper.
Voeg res van bestanddele by en knie tot goed gemeng.
Druk plat in gesmeerde pan.
Bak vir 20 – 25 min.
Laat afkoel en sny in blokkies.
Nota:
‘n Geklitste eier en 3 eetlepels water kan ook bo-op gesmeer word – ek het dit nie gedoen nie.
Resep: Irma Van Ellewee Swart
Foto: Candice Marais