AMARULABESKUIT
- 250 g suiker
- 250 g botter
- 3 eiers
- 250 ml Amarula
- 500 g koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- knippie sout
Voorverhit die oond tot 180°C.
Room die botter en suiker in ‘n mengbak, voeg die eiers by en meng deeglik.
Sif die droë bestanddele saam, voeg die eiermengsel en die Amarula by die droë bestanddele, meng tot ‘n deeg vorm.
Plaas die deeg in voorbereide beskuitpanne van jou keuse.
Bak die beskuit vir ongeveer 45 min in die voorverhitte oond of tot ‘n toetspen skoon uitkom wanneer toets.
Keer die gaar beskuit uit die panne en laat afkoel.
Sny die beskuit in vingers en droog dit uit in ‘n lou oond.
Resep geplaas: Elmarie de Bruyn