AMARULA SJOKOLADEKOEK
- Beslag:
- 60 ml kakao
- 125 ml kookwater
- 3 eiers
- 220 ml suiker
- 60 ml olie
- 250 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- Stroop:
- 200 ml suiker
- 250 ml water
- 60 ml Amarula-likeur
- Versiersel:
- 1 blik karamelkondensmelk
- styf geklopte room vir versiering
- Flake-sjokolade
Stel oond op 180 º C
Beslag:
Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
Skep in 22 x 30 cm voorbereide pan en bak ongeveer 30 min of tot toetspen skoon uitkom.
Stroop:
Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by. Roer goed.
Prik koek met ‘n mes sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
Versier:
Laat die koek goed koud word, verwyder uit die pan. Plaas op ‘n opdien bord en smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor.
Versier met Flake indien verkies. (nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak)
Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly.
WENK:
Meer Amarula kan gebruik word, indien verkies.
Resep en foto: Juanita Vermeulen