Your Recipe Blog

AMARULA MALVAPOEDING IN KOLWYNTJIEPAN

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute | Servings: 11 porsies

AMARULA MALVAPOEDING IN KOLWYNTJIEPAN

  • 2 eetlepels botter
  • 125 ml suiker
  • 1 ekstra groot eier
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 teelepel koeksoda
  • ½ koppie melk
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 ml sout
  • 1 eetlepel asyn

Meng die droë bestanddele saam, en meng die nat bestanddele saam in ‘n aparte beker.
Klits die nat- by die droëmengsel en meng goed.
Skep in gesmeerde kolwyntjie pannetjies en bak op 180 ºC vir 20 min of tot mooi bruin.
Maak solank die sous terwyl die poeding bak.

  • Sous:
  • 125 g botter
  • 250 ml suiker
  • 1 ml sout
  • 1 koppie room
  • ⅓ koppie Amarula

Kook alles saam en giet oor warm poeding.
Geniet met vla.

Resep en foto: Melanie Swanepoel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page