AMARULA KOEK OF TERT
Ek dink die resep verdien ‘n medalje! nog nooit soveel “likes” gesien by enige resep nie!!!! Well done! hy bly tops! Ek het hom laas naweek gemaak met ‘n suurlemoen liqueur en hy was net so lekker.
- Beslag:
- 60 ml kakao
- 125 ml kookwater
- 3 eiers
- 220 ml suiker
- 60 ml olie
- 250 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- Stroop:
- 200 ml suiker
- 250 ml water
- 60 ml Amarula
- Versiersel:
- 1 blikkie karamel kondensmelk
- styf geklopte room
- Flake
Beslag:
Meng kakao met kookwater laat afkoel.
Klits suiker en olie en voeg die eiers een vir een by terwyl jy meng.
Voeg afgekoelde kakaomengsel by en klits goed deur.
Sif droë bestanddele en voeg by eiermengsel, meng goed deur.
Skep in glasbak 22 x 30 cm wat vooraf gespuit met cook ñ bake.
Bak by 180ºC vir 25 – 30 min.
Stroop:
Kook water en suiker vir 5 minute tot suiker opgelos is.
Haal van die stoof af en voeg Amarula by, roer goed deur.
Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor. Laat heeltemal afkoel.
Versiering:
Smeer eers karamel kondensmelk oor en dan styfgeklopte room en strooi dan fyn flake oor.
Nota:
Dis ‘n lekker klam koek en jy kan ook meer Amarula gebruik en dit selfs saam die karamel kondensmelk inmeng.
Foto’s in koekpanne – Hettie Bezuidenhout
Ek het hom dubbel aangemaak en as ‘n koek gebak. Omdat ek die resep verdubbel het, het ek die water verminder en die Amarula vermeerder na ‘n koppie. Ook die room effens versoet met ‘n bietjie ekstra Amarula in.
Foto in glasbak: Susan Du Preez Bisschoff