AMANDELMEEL BROODJIE IN ‘N KOPPIE
Ek het gou hierdie gemaak en dis lekker.
- ⅓ koppie amandelmeel
- 1 eier
- ½ teelepel bakpoeier
- knippie sout
- 1 teelepel heuning opsioneel
Meng alles saam, skep in ‘n standaard koffie beker en mikrogolf vir 90 sekondes op hoog.
Ek het heuning ook ingegooi – vir die wat ‘n effens soet broodjie wil hê.
Enjoy!!
Resep en foto: Estelle Kuun Lines