Your Recipe Blog

AMANDA SE MAKLIKE PILCHARDSPASTEI

AMANDA SE MAKLIKE PILCHARDSPASTEI

Heerlike, goedkoop en maklike vis pastei!

  • 2 blikkies sardyne in tamatie, fyngemaak
  • 1 koppie bruismeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel knoffelvlokkies
  • ½ teelepel uiepoeier
  • ½ fyngesnyde ui
  • rissievlokkies na jou smaak, opsioneel
  • vars gemaalde swartpeper
  • 2 eiers
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • 300 g gaar kapokaartappels, gegeur met ‘n teelepel Engelse mosterd, botter en ‘n klein bietjie melk

Meng die bruismeel en eiers goed deur.
Meng die res van die bestanddele by.
Plaas in ‘n oondbak, wat met botter gesmeer is.
Skep die kapokaartappels bo-op en bedek die hele vulsel.
Strooi bietjie gerookte paprika oor.
Bak teen 180°C vir 30 minute.
Bedien met slaaie van jou keuse.

Resep en foto: Amanda Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page