AMANDA SE KERRIESULT
- 1 beespoot, skoongemaak en gesaag
- 800 g beesskenkel
- 2 liter water (ongeveer 8 koppies)
- 9 wonderpeperkorrels (Pimento)
- 10 ml heel gebrande koljander (2 teelepels)
- 4 naeltjies
- 3 lourierblare
- 7 swartpeperkorrels
- 3 medium uie, skoongemaak en in skywe gesny
- 50 ml medium kerrie (ek het mild en spicy gebruik)
- 10 ml borrie
- 15 ml sout
- 30 ml sagte bruin suiker
- 10 ml appelkooskonfyt
- 375 ml bruin asyn
Was die skenkels en skoongemaakte poot goed af.
Verwyder enige oorblywende haartjies met ‘n skeermeslemmetjie.
Plaas dit in ‘n swaarboom kastrol en bedek dit met die 2 liter water.
Bind die wonderpeperkorrels, koljander, naeltjies, swartpeperkorrels en lourierblare toe in ‘n moeseliendoekie en sit dit saam in die kastrol.
Kook totdat die vleis heeltemal sag is. (Myne het ek vir 7 – 8 ure lank gekook). Die beentjies moet letterlik uitval. Vul die water gedurig aan.
Verwyder al die beentjies en sny die vleis fyn. (Skep die vet wat bo-op dryf, af). Hou die vloeistof waarin die vleis gekook het, eenkant.
Individuele silikoonvorms werk die beste dan is dit reeds in porsies.
Jy kan dan net porsies uithaal soos benodig, ontvries in die yskas.
Sult hou ongeveer twee weke lank goed in die yskas, en dit kan ook met sukses gevries word. Wanneer die vleismengsel afkoel sodat die vet bo-op afgeskep kan word, sal dit stol omdat pote so baie gelatien bevat. Te stywe sult is nie lekker nie.
Ek het al met varkpote sult gemaak, dit was nie so heerlik soos die beespote nie!
Resep en foto: Amanda Conradie