AMANDA SE HERDERSPASTEI
- Maalvleismengsel:
- 1 kg bees maalvleis
- 2 uie, gekap
- 3 seldery stingels, fyn gekap
- 3 knoffelhuisies, gekap
- 20 ml tamatie puree
- 1 blikkie gekapte tamaties
- 125 ml gekapte blokkies wortels
- 125 ml ertjies
- 5 ml paprika
- 5 ml neutmuskaat
- 5 ml tiemie
- 45 ml koekmeel
- 750 ml beesaftreksel
- 125 ml droë rooiwyn, opsioneel
- olyfolie vir braai van uie
- sout en peper na smaak
- Aartappellaag:
- 8 medium tot groot aartappels
- 250 ml melk of room
- 3 eetlepels botter
- 2 ml neutmuskaat
- 7 ml bakpoeier
- 250 ml Cheddar kaas gerasper
Plaas olie in swaarboompot en braai uie tot sag.
Voeg seldery, wortels en ertjies by en sorteer vir so 10 minute.
Voeg knoffel en maalvleis by. Braai tot gaar. Voeg die puree en tamaties by en meng goed deur.
Voeg res van bestandele by en verhit tot kookpunt.
Verlaag hitte tot medium en laat prut vir so 30 minute tot sous lekker dik is. Skep uit in oondbak.
Sodra jy met die maalvleis voorbereiding begin, plaas aartappels in ‘n pot.
Voeg water by en kook tot sag. As daar nog water in pot oor is, gooi bietjie daarvan af.
Voeg die ander bestanddele behalwe die kaas by. Druk goed fyn.
Skep fyn aartappels oor maalvleis of spuit met ‘n versierbuis oor die maalvleis.
Strooi kaas oor en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 30 tot 40 minute tot goudbruin.
Sit voor met rys of slaai.
Resep en foto: Amanda Naude