AMANDA SE BRAAISOUS
- 2 uie, gekap
- 30 ml kookolie
- 250 ml tamatiesous
- 180 ml ligte bruinsuiker
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 5 ml mosterd poeier
- 5 ml fyn gemmer
- 5 ml rooipeper
- sout en peper na smaak
Braai die uie tot glasig in die olie.
Voeg al die ander bestanddele by en prut stadig 40 min lank tot geurig.
Roer kort kort.
Laat afkoel en maak dit fyn met ‘n versapper.
Gebruik soos benodig by braaivleis, of as ‘n “basting” of as ‘n marinade.
Resep en foto: Amanda Austen
Category: