Your Recipe Blog

ALTA SE VRIESKAS BOBOTIE

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 10 bakkies van 300g elk

ALTA SE VRIESKAS BOBOTIE

  • 2 kg maer beesmaalvleis
  • 3 medium uie, grof gekap
  • 2 hande vol pitlose rosyne en sultanas, gemeng
  • Meng die volgende saam:
  • 2 eetlepels kerrie (myne is medium tot effe sterk, maar gebruik soos goed dink)
  • 2 eetlepels borrie
  • 3 eetlepels braai speserye
  • 1 teelepel gebreekte koljander
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel swart pepper
  • 3 teelepels Aromat
  • 2 teelepels bruinsuiker
  • ¼ koppie jalapeno sous
  • ¼ koppie asyn
  • ¼ koppie appelkooskonfyt
  • Ekstra:
  • 4 snye brood
  • 2 koppie melk
  • 4 eiers

Braai uie in ‘n pan tot deurskynend, maar nie bruin nie.  Voeg ‘n ½ koppie water by en die rosyne en braai verder.
Voeg die kerriemengsel by die uie en rosyne.
Braai effe, voeg dan maalvleis by en kook braai, roer dat maalvleis nie klonte maak nie.
Week die brood in 1 koppie melk, druk melk uit die brood en voeg die brood by die maalvleis, roer goed deur.
Gebruik melk wat oorgebly het en voeg die ander koppie melk by, klits die eiers by melk in.
Skep die maalvleismengsel in die bakkies en giet die eiermengsel bo-oor, verdeel die eiermengsel mooi tussen al die bakkies.
Bak in voorverhitte oond teen 180ºC tot gestol en gaar.

Nota:
Ek het 10 bakkies uit gekry, elke bakkie weeg 300 g elk.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page