ALTA SE “SWEET CHILLI” SOUS
- 4 kg tamaties, geskil en opgesny
- 80 g rissie vlokkies (chilli)
- 18 koppies suiker
- 5 koppies wit asyn
- 5 koppies water
- 20 Granny Smith appels, geskil en grof gerasper
- 6 eetlepel fyn gesnyde knoffel
- 6 eetlepels gekapte vars gemmer
- sout na smaak (ek het ‘n hoogvol teelepel gebruik)
Kook alles saam vir ± 2 ure, roer kort kort.
Gebruik blender en blits alles fyn.
Kook vir nog ‘n paar minute. Oppas vir aanbrand, roer maar gereeld.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels.
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk
Foto: Alta Gunter Van Dyk
Category: