Your Recipe Blog

ALTA SE SPINASIE QUICHE MET VARIASIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20-30 min

ALTA SE SPINASIE QUICHE MET VARIASIE

  • 1 bos spinasie, stronk verwyder en opgekerf
  • dun gerolde skilferkorsdeeg
  • 2 groot uie, grof gekerf
  • olyfolie, vir braai
  • 2 Russiese worsies, in blokkies gesny
  • 5 x groot eiers, geklits
  • 250 ml room
  • 200 ml melk
  • 1 hoogvol koppie gerasperde cheddar kaas
  • 2 wiele Feta, gekrummel
  • sout, Aromat, varsgemaalde swartpeper na smaak

Braai uie in olyfolie tot deurskynend, voeg Russiese worsies by en braai verder, nie donker nie.
Voeg gekerfde spinasie by, en kook deur tot amper gaar.
Skep in ‘n bak en laat afkoel.
Meng die geklitste eiers, room, melk, albei kase en geurmiddels goed saam.  Meng met die spinasiemengsel.
Voer ‘n tertbak uit met die skilferkorsdeeg.
Skep die spinasiemengsel in die uitgevoerde bak tot vol.
Bak vir 20 minute op 220 °C of tot mooi kleur en gestol.

Nota:
Daar bly ‘n bietjie vulsel oor, ek het ses muffin daarmee gebak.

Variasie:
HAM EN KAAS QUICHE – 2de foto
Doen alles presies dieselfde; daar kom ‘n handvol pietersielie by en in plaas van Russiese worsies kan jy 10 snytjies ham, opgesny, óf spek óf selfs die Russiese worsies met sampioene of iets van jou eie keuse, gebruik. Dieselfde baktyd geld vir hierdie tert.

Resepte en foto: Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5