ALTA SE SOET JALAPENOSOUS
Die resep is deur Alta self ontwikkel.
“Daar is twee souse in die illustrasie van die kleinbordjie – die boonste is winkelsous, en die onderste een ons sin. Hierdie resep lewer ‘n mediumwarm sous. Jy kan ook gewone soet brandrissie-sous op die basis van hierdie resep maak, en ook ‘n peppadewsous indien jy sou verkies. Al my bottels steriliseer ek in die oond.”
- 2 kg jalapenos, (verkieslik groen)
- 2 kg uie, gekap
- 2 kg granny smith appels, geskil, ontpit en gerasper
- 2 kg suiker
- 3 – 4 koppies asyn
- 2 teelepels sout
- 4 hoogvol teelepels Aromat
- 2 hoogvol eetlepels knoffel, gekap
- 2 hoogvol eetlepels vars gemmer, gekap
- 2 teelepels gemmer, fyn poeier
- 4 – 6 koppies water
Kook alles saam vir ± een uur tot sag.
Blits fyn of maak fyn in voedselverwerker.
Kook weer vir nog een uur.
Roer kort-kort om aanbranding te verhoed.
Bottel warm gesteriliseerde bottels.
Resep en fotos: Alta Gunter Van Dyk