ALTA SE PEKANNEUT TERTJIES

Ek het hierdie treffer resep by ‘n Vriendin van my gekry in Amirillo.

  • Deeg:
  • 420 g koekmeel gesif
  • bietjie sout
  • 240 g botter koud in blokkies gesny
  • 25 ml strooisuiker
  • 3 eiergele
  • 30 ml yswater
  • 7 ml  suurlemoensap

Klits eiers, yswater en suurlemoensap saam.  Hou eenkant.
Vryf botter in meel in tot dit lyk soos krummels, voeg strooisuiker by.
Voeg eiermengsel by meel, maak ‘n sagte deeg.

  • Vulsel:
  • 6 eiers
  • 120 ml gesmelte botter
  • 450 ml bruinsuiker
  • 160 ml stroop
  • 10 ml vanilla
  • 500 g tot 1 kg pekanneute

Klits eiers goed, voeg gesmelte botter en bruinsuiker by en klits goed, voeg stroop en vanilla by, klits tot skuimerig.

Gebruik los boom pannetjies – druk deeg in pannetjies eweredig, prik deeg, gebruik waspapier om binne doppie te sit , maak vol met droë boontjies vir blindbak.
Bak by 180 ºC vir 20 min.
Haal uit, verwyder boontjies en papier, pak bakkie vol pekanneute en vul met stroopmengsel.
Bak weer tot geset, ongeveer 20 min.
Nota:
Gebruik ongeveer ‘n halwe tot 1 kilogram neute hang af hoe jy dit gevul wil hê, ek pak so 10 tot 12 halwe neute op die bodem.

Foto en resep:  Alta Gunter van Dyk