ALTA SE LAMSBOUD
- ± 3 kg lamsboud
- 5 knoffel huisies
- 4 teelepels barbeque speserye
- 1 teelepel seldery sout
- 1 suurlemoen se sap
- 2 takkies roosmaryn
- 1 takkie tiemie
Stop die boud met die knoffelhuisies deur ‘n paar gaatjies oral in die boud te maak met ‘n skerp messies, druk dan die knoffel in elke gaatjies.
Meng speserye en suurlemoensap en smeer oor die boud.
Sit in groot baksakkie en bind toe.
Jy hoef geen water by te voeg nie.
Druk ‘n paar gaaitjies in die baksak en bak vir ± 2 ure teen 180 ºC.
Verwyder dan die baksak en bak die boud vir ± nog ‘n halfuur tot verbruin.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk