ALTA SE KOOLGEREG
My eie mik, korrel en proe resep.
- 1 medium Chinese kool, opgekerf
- 2 baba kooltjies, opgekerf
- 2 uie, fyn gesny
- 4 medium aartappels, in blokkies gesny
- 1 ×250 g pakkie spekstukkies
- 5 kaasworsies, opgesny
- gerasperde kaas
- 1 pakkie sampioen roomsoppoeier
- 1 koppie room
- 2 koppies melk
- 1 hoogvol eetlepel Maizena
- 1 teelepel Aromat
- 1 teelepel groentespeserye
- 1 teelepel vars gemaalde swartpepper
- olie om uie in te braai
Braai uie tot deurskynend.
Voeg die worsies en spek by en braai verder.
Voeg die aartappels by en ‘n klein bietjie water.
Kook vir so 10 minute en roer goed deur.
Voeg die gekerfde kool by en roer deur, kook tot kool amper sag is.
Skep nou die kool in ‘n oondbak wat gesmeer is.
Meng die soppoeier, room, melk, Maizena en speserye alles saam in ‘n aparte bakkie.
Giet die melk- en sopmengsel oor die kool in die oondbak.
Strooi die gerasperde kaas oor en bak vir ± 40 by 180ºC tot kaas mooi gekleur en gesmelt is.Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

Category: