Your Recipe Blog

ALTA SE KERRIEKOOL

ALTA SE KERRIEKOOL

  • 2 kg kool, fyn gesny (gebruik ‘n mandolin, dit sny lekker fyn)
  • 1 750 ml bottel wit asyn
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • 2 eetlepels gouestroop
  • 1 eetlepel mosterd (droë)
  • 3 koppies suiker
  • ¾ kilogram grof gekapte uie
  • 4 eetlepels mielieblom (Maizina)
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 teelepel sout

Kook die kerrie, borrie, suiker, sout, stroop, mosterd en asyn saam (nie maizina nie).
Sodra begin kook, voeg kool en uie by.
Roer deur, sodra dit begin kook, voeg Maizina by wat met bietjie water gemeng, kook deur, oppas vir brand.
Sodra sous dikker raak is dit reg.
Skep in warm gesteriliseerde bottel, draai bottel styf toe.

Nota:
As dit bietjie suur is, voeg 3 eetlepels appelkoos konfyt by.

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk
Opsionele foto’s:  Rachelle Reyneke  – My man het die resep gevolg en die resultaat is om die waarheid te sê heerlik.

One Review

  1. Dirk Viljoen

    Gaan dit maak Klink baie Lekker

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page