Your Recipe Blog

ALTA SE KERRIE EIERS

Recipe by
| Servings: 8 porsies

ALTA SE KERRIE EIERS

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

  • 2 hardgekookte eiers per persoon en 2 ekstra vir die “ongenooide” gas
  • 6 medium uie, opgesny
  • olyfolie vir braai
  • bietjie water
  • Kerriemengsel:
  • 1 eetlepel matige of sterk kerriepoeier na eie keuse
  • 1 eetlepel borrie
  • 2 teelepels bruinsuiker
  • ¼ koppie witasyn
  • 4 eetlepels appelkooskonfyt
  • 1 eetlepel Aromat
  • 4 koppies water
  • Braai die uie in die olyfolie in ‘n warm diep pan op die stoof, voeg kort kort bietjie water by sodat die uie kan kookbraai.
  • Meng die kerriemengsel se bestanddele in ‘n bak tot goed gemeng en voeg dit by die uie in die pan en kook die mengsel tot die kerrie gaar is.
  • Sny die gekookte eiers in die helfde deur en pak dit mooi bo-op die kerrie- en uiesous.
  • Skep van die sous bo-op die eiers en draai die hitte af.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page