Your Recipe Blog

ALTA SE INGELEGDE HEEL BABA BEETJIES

Avatar photo
Recipe by

ALTA SE INGELEGDE HEEL BABA BEETJIES

Vanoggend 8 bottels heel baba beet ingelê.
Ongeveer 9 bossies baba beetjies – 10 beetjies aan ‘n bossie. Kook tot sag afgekoel en geskil.

  • Sous:
  • 5 koppies witasyn
  • 7 koppies suiker
  • 2 teelepels droë rissievlokkies
  • 2 teelepels fyn knoffel
  • 1 teelepel sout

Kook al die bestanddele saam vir 5 min, voeg beetjies by en kook vir so 5 min.
Skep beet in gesteriliseerde bottels, giet die warm stroop oor tot al die bete bedek is en die bottel vol, steek lugblase uit  met ‘n sosatiestokkies.
Draai deksels op.

Nota:
Indien die sous te min is, kook nog ‘n bietjie sous, 1 en ‘n half koppie suiker op 1 koppie asyn, rissievlokkies, sout en knoffel na smaak.

Resep en 2de foto: Alta Gunter van Dyk
Foto:  Rina Kleinhans

One Review

  1. Avatar photoMarlies Vos

    Klink heerlik. Gaan dit probeer.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5