Your Recipe Blog

ALTA SE IERSE BREDIE

ALTA SE IERSE BREDIE

My weergawe van Irish stew. Baie gesogte dis in ons huis. Baie versatile, want jy kan tamatie bredie maak, boontjie bredie – los dan net ertjie uit, kerrie dan bly ertjies.

  • 1 ½ kg “tenderised steak”, in groterige blokkies gesny
  • 8 medium aartappels, in helfte gesny
  • 8 tot 10 medium wortels, in helfe gesny
  • 2 koppies gevriesde baba ertjies
  • 2 eetlepels steak en tjops speserye
  • 2 teelepels gebreekte koljander
  • 1 suurlemoen se sap
  • 2 bees sousblokkies
  • 3 koppies kookwater

Vryf vleis in met speserye en suurlemoensap, rol in meel en braai in olie tot bruin.
Los die bees sousblokkies op in die kookwater, voeg by en kook verder tot amper sag.
Voeg wortels by, dan bietjie later die aartappels en kook tot sag.
Voeg heel laaste die gevriesde baba ertjies by en kook goed deur.
Skep op rys en bedien met ‘n lekker outydse tamatie en uie slaai.

Resep en foto:  Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page