Your Recipe Blog

ALTA SE HOENDERSOP

ALTA SE HOENDERSOP

My hoendersop resep van donkie jare terug, net bietjie aanpassings gedoen. Dankie ouma!

  • 6 hoenderborsies, op been met vel
  • 3 teelepels speserye, van eie keuse
  • 1 groot suurlemoen se sap
  • 3 aartappels
  • 2 wortels
  • 2 pakkies Royco of Knorr hoender roomsoppoeier

Kook die hoenderborsies in 1 liter water met speserye van jou keuse.
(Ek meng my speserye – BBQ, hoender en steak en tjops)
Strooi die speserye oor die hoender en drup die suurlemoensap oor.
Kook tot sag, sorg dat daar altyd genoeg vloeistof by die hoender is.
As die hoender sag is, trek die vel af (ek sny velletjies fyn en braai dit uit soos kaiings)
Ontbeen die hoender, pluis die vleis en plaas terug in kastrol.

Kook aartappels en wortels wat fyn gerasper is in ±2 koppies water in die mikrogolf tot sag. Voeg groente en water by die hoender in die kastrol.
Meng die hoender roomsop in ‘n koppie water tot pasta en meng by hoender in pot. Dit moet geroer word tot kookpunt, anders gaan dit vasbrand.
Prut stadig tot sop gaar is.
Voeg nog geurmiddels by indien verkies. Bedien met bietjie room en pietersielie.

Nota:
Het groot pot hoendersop gemaak vir vries, die beste wat jy kan kry as jy siek is.
Ouma het meel gebruik vir verdukking. En bietjie snysels gemaak en bygevoeg vir verdukking. In ons kinderjare was daar nie kits soppoeiers nie.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page