ALTA SE HOENDERSLAAI
Vanmiddag het ekke lui kos gemaak, hoenderslaai, in die hitte kan jy nie kook nie. Seker maar vervelige kos, maar in die Karoo hitte ideaal.
- Hoeveelhede na smaak:
- gaar hoender, gepluis
- botterslaai, fyngesny
- rooi ui, fyngekerf
- ½ koppie perskool, fyngekerf (die klein koppies ons is net 2)
- ½ komkommer, in blokkies
- 10 baba tamaties, in ringetjies gesny
- ½ pynappel, in blokkies
- sout en pepper
- slaaisous, na smaak
Meng alles saam en gooi slaaisous oor. Ek het bloukaas slaaisous van Ina Paarman gebruik.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
Category: