ALTA SE HERDERSPASTEI
- 2 groot uie, opgesny
- 1 koppie gevriesde mielies en ertjies (koop klaar gemengde mielies en ertjies)
- 1 kg maalvleis, ek het volstruis maalvleis gebruik
- 1 pakkie “mutton en veg” soppoeier
- 2 teelepels aromat
- 1 teelepel vars gemaalde swartpeper
- ¼ koppie blatjang
- 2 koppies water
- 1 teelepel bakpoeier
- Bolaag:
- 6 tot 8 aartappels sag gekook en fyn gemaak
- sout en peper na smaak
- bietjie melk
- stukkie botter
- 1 teelepel bakpoeier
Meng die fyn aartappels met die res van die bolaag bestanddele en hou eenkant.
Maalvleis
Braai uie goed tot deurskynend, voeg groente by.
Voeg bietjies water by.
Voeg maalvleis by en maak gaar. Voeg die soppoeier gemeng met ½ koppie water by, saam met die speserye en blatjang.
Kook goed deur tot alles gaar is, as jy sien dit is te droog voeg nog bietjie water by.
Skep die maalvleismengsel in ‘n gespuite oondbak en skep die kapokaartappels bo-oor, maak gelyk en maak patrone bo-op na keuse.
Stip met botter stukkies bo-op die aartappels en bak vir ± 10 min tot botter gesmelt is.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk