Your Recipe Blog

ALTA SE GUNSTELLING VRUGTEKOEK

ALTA SE GUNSTELLING VRUGTEKOEK

My gunstelling vrugtekoek vir baie baie jare! Het al my troukoeke met die resep gebak!

  • 4 koppies koekmeel, hoogvol
  • 500 g volvet magarien
  • 3 koppies suiker
  • 12 ekstra groot eiers, geskei
  • 2 eetlepels kaneel
  • 2 eetlepels kakao
  • 1 eetlepel Frisco koffie
  • 1 teelepel koeksoda, opgelos in 1 eetlepel suurlemoensap (hou eenkant, meng net voor dit ingegooi word in ander mengsel)
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 1 koppie sherrie of soetwyn
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel fyn gemmer
  • ¼ teelepel fyn naeltjies
  • Dan die volgende vrugte om 2 kilogram op te maak:
  • ½ koppie stukke ingelegde gemmer, fyngesny
  • 250 g dadels, fyn gesny
  • 250 g pitlose rosyne
  • 250 g korente
  • 500 g sultanas
  • 125 g versuikerde lemoenskil
  • 250 g kersies, fyn gesny
  • 250 g groen vye en maketaan, fyn gesny

Berei sultanas, rosyne en korente voor. Was af en mikrogolf in bak vir 10 minute.
Haal uit laat afkoel.
Klop botter en suiker tot room, voeg eiergele 1 vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Meng al die die droë bestanddele goed. Voeg die bottermengsel by die droë bestanddele en meng goed met ‘n houdlepel.
Sit al die vrugte bymekaar en vou dit in die deeg in.
Voeg die koppie soetwyn ook in die mengsel in.
Laaste die suurlemoen en koeksoda wat gemeng is.
Klits nou eierwitte styf en vou in die mengsel in.
Skep uit in gesmeerde panne van jou keuse.
Bak soos hieronder aangewys.
Nota
Ek het 24 muffin groote uit gekry en 6 bietjie groter as tuna grote en dan 2 koekpan grotes.
Ek bak die koeke binne in ‘n “box” met “lining” en cupcake grote vir ± 40 minute,  die ander ± ½ uur en grotes so ± 2 ure. Dit hang af van oond en area. Ek het op 170°C gebak, en na ½ uur op 160°C. As dit uit oond kom, giet ek weer wyn oor elke koek. Hoeveel jy oorgooi hang van jou af.

Foto en resep: Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page