ALTA SE GUNSTELING SOUSE
- Mosterdsous:
- 250 ml suiker (1 koppie)
- 3 eiers
- 100 ml witasyn
- 50 ml droë mosterd, gesif
- knippie sout
Plaas al die bestanddele volgens bo in ‘n stainlesteel bak, sit bo op ‘n kastrol met water.
Kook water en klits die mosterd sous bo-oor die kook water baie goed tot verdik, wanneer die skuim verdwyn, is sous amper reg, giet in skoon houers en bêre in yskas.
- Pinksous:
- 1 groot bottel mayonnaise (750 ml)
- 1 x 750 bottel tamatiesous, (ek gebruik All Gold of Wellington)
- sap van ‘n ½ suurlemoen
- knippie sout
- ½ teelepel rooipeper
- ½ teelepel droë mosterdpoeier
- suiker na smaak (ek gebruik so 6 teelepels bruinsuiker)
Meng al die bestanddele goed en bottel. Bêre in die yskas en geniet saam met enige iets.
- Tartarsous:
- 1 x 750 ml bottel mayonnaise
- 2 groot eetlepels van elk van die volgende:
- gekapte pers uie
- kappertjiesaad
- gekapte peppadews
- gekapte agurkies (gerkins)
- 4 eetlepels kondensmelk
- knippie sout
- paar druppels tabascosous
Meng al die bestanddele saam, en skep in bottels. Bêre in die yskas.
Ek maak al 4 keer aan op ‘n slag vir ons broodjies en kosse, so dit word vinnig opgebruik.
Resepte en foto’s: Alta Gunter Van Dyk