Your Recipe Blog

ALTA SE FETTUCCINE MET BOKWURST

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

ALTA SE FETTUCCINE MET BOKWURST

  • 1 pak Fettuccine, gekook in soutwater
  • ½ van elk: geel, groen en rooi soetrissie, opgekerf in blokkies
  • 1 groot ui, gesnipper
  • 4 Bokwurst, in skyfies gesny
  • Medium dikte witsous:
  • 125 g botter
  • 2 opgehoopte eetlepels koekmeel
  • ±1 liter melk
  • 1 teelepel droë mosterdpoeier
  • 2 teelepels Aromat
  • ½ teelepel varsgemaalde swartpeper
  • 2 eetlepels Melrose kaassmeer
  • 2 eetlepels roomkaas
  • 1 koppie Mozzarella
  • 1 koppie gerasperde Cheddarkaas

Braai die soetrissies en ui in olyf olie tot deurskynend.
Voeg die Bokwurst worsies by die uiemengsel.
Braai vir so 10 min., skep uit en hou eenkant.

Maak ‘n lekker medium dikte witsous:
Smelt die botter, voeg meel by, meng goed deur en voeg dan die melk by terwyl jy heeltyd roer.
Meng die mosterd, Aromat en swartpeper by witsous mengsel in.
Roer laaste die Melrose kaassmeer en roomkaas by.
Roer goed deur haal af van warm plaat.
Smeer ‘n groot bak en plaas klaargekookte Fettuccine in bak, skep ‘n laag uie- en worsiemengsel en volg met ‘n laag witsous.
Laaste strooi die Mozzarella en Cheddarkaas bo-oor.
Bak vir ± ½ uur by 180°C.
Haal uit en strooi gekapte pietersielie oor.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page