ALTA SE ETE IN ‘N SKORSIE
- 8 skorsies, in helfte gesny
- 1 pak 400 g baba spinasie opgekerf
- 4 groot preie, in ringe gesny
- 1 pak strepiespek, opgesny
- 2 chorizos worsies, opgesny
- 2 koppies botterskorsie, in klein blokkies gesny – redelik klein
- ½ koppie room
- ½ teelepel swartpper
- 1 teelepel aromat
- 1 eetlepel koekmeel
- Witsous:
- 2 eetlepels botter
- 2 eetlepels koekmeel
- bietjie melk
- bietjie room
- ½ teelepel mosterdpoeier
- aromat en swartpeper, na smaak
Kook skorsies tot net sag, met pitte in.
Verwyder pitte en plaas op ‘n skinkbord.
Braai preie, voeg spinasie by. Braai verder tot sag.
Voeg geurmiddels, room en 1 eetlepel meel by; roer goed deur en skep uit in ‘n bak. Hou eenkant.
Bak botterskorsie in lugbraaier of in oond tot net gaar. Sprinkel klein bietjie sout na smaak oor; hou eenkant,
Braai chorizos en spek tot gaar; skep uit en hou eenkant.
Maak witsous:
Smelt botter en voeg meel by botter en roer dat daar nie klonte is nie; voeg nou bietjie melk en room by meelmengsel tot mengsel ‘n redelike vloeibare sous vorm. Voeg aromat, swartpeper en droë mosterd by sous.
Nota:
Mens wil nie te veel sout byvoeg nie, want chorizos en spek is sout genoeg.
Daar was nog spinasie, spek, chorizo en witsous vulsels oor. Het dit in verskillende bakkies gevries; dit vries perfek.
Skep nou eers botterskorsie in die skorsies op die skinkbord, dan chorizo en spek, gevolg deur spinasie en laastens witsous.
Plaas weer ‘n rukkie in die oond tot alles warm is en bedien.
Resep en fotos: Alta Gunter van Dyk