ALMARE SE GEBAKTE KAASKOEK
“So maklik!”
- 1 pak sjokoladekoekies, gekrummel (Oreo’s is lekker)
- 4 eetlepels botter
- 3 x 250 g bakkies ongegeurde, gladde maaskaas
- 1 blik kondensmelk
- 125 ml suurlemoensap
- 125 ml vlapoeier
- 250 ml room
Meng die koekiekrummels met die botter.
Druk die mengsel in die bodem van ‘n middelslag losboompan vas.
Meng die maaskaas, kondensmelk, suurlemoensap en vlapoeier saam.
Klits die room styf en vou dit by die maaskaasmengsel in.
Versprei hierdie mengsel oor die koekiekrunnels en bak dit vir 30 minute by 180 °C.
Haal die koek uit die oond en laat dit goed afkoel in die pan en verwyder dit dan versigtig uit die pan.
Bedien met sjokoladesous of ‘n bessiesous soos bosbessiesous en vars vrugte.
Resep en foto: Odehlia Engelbrecht